New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    11
    Feeste van
    Messiaanse Israel
    A. 'n Inleiding tot die Feeste van Messiaanse Israel

    Yahweh se Feeste of Moedim (Vasgestelde Tye) was deur die Allerhoogste, El Elyon gegee, om vir ewig onderhou te word deur diegene wat Hom liefhet en aanbid. Hulle was nie, soos die 'ortodokse' Christene beweer, deur die Messias (Christus) afgeskaf nie, maar was 'n opdrag totdat alle dinge teen die einde van die Millenium vervul is.

    Yahweh se Bybelkalender is totaal verskillend van die Romeinse een wat deur meeste van die wêreld gebruik word, en dit is onmoontlik om die Sabbatte en Jaarlikse Feeste daarmee te bepaal. Dit is ook verskillend van die wat gebruik word deur Judaïsme, Messiaanse Judaïsme en Evangeliese Sabbatariërs, wat gebasseer is op die Romeinse een. Beide het 'n eindelose volgorde van 7-dag weke en aanvaar dat die Sabbat die 7de Romeinse dag van die week is, nl. Saterdag . Ortodokse Christene gebruik dieselfde Romeinse Kalender om die 1ste Romeinse dag van die week, Sondag, te onderhou. Hulle is almal verkeerd soos ons binnekort sal sien.

    Sewe van hierdie nege jaarlikse feeste soos in die Bybel beskryf, is as opdrag in die Torah deur ons Hemelse Vader self, Yahweh gegee (Levitikus/Vayikra 23) en twee (die Winter feeste) was deur die Jode bygesit, sonder openbaring of outoriteit, om latere historiese gebeurtenisse te herdenk. Hierdie Winter feeste word dus nie deur die Messiaanse Evangeliane onderhou nie, alhoewel hulle historiese agtergrond geleer word.

    Die sewe verpligte feeste (sien Fig. 1 hieronder & B. Sinopsis van die Weeklikse-, Maandelikse & Jaarlikse Feeste) was beide deur Yah'shua die Messias (Jesus Christus) en Sy apolstels onderhou. Hulle is net so deel van die Messiaanse of 'Nuwe' Verbond as wat hulle is van die Mosaïese of 'Ou' Verbond, alhoewel sonder die vorige offers, wat deur Messias vervul was. Hierdie sewe jaarlikse feeste was gegee sodat mense beide die koms van die Messias kon verstaan, asook die rol wat die Messias sou speel om beide die mens en die aarde te verlos en te herstel met Yahweh, ons Hemelse Vader, na afloop van die val in Eden. Die drie Herfsfeeste is nog nie vervul nie en wag vir die fisiese wederkoms van Messias om die Millenium in te wy.

    Fig.1 Lewe se Spiraal

    Die Vierde Gebod vereis dat Yahweh se mense 'n weeklikse dag van rus sal onderhou van hulle gewone werk sodat hulle bymekaar kan kom en Hom aanbid. Dit word die Sabbatdag genoem, en was ingewy op die sewende dag van die Skepping om deur die mensdom vir ewig onderhou te word. Hierdie weeklikse Shabbat is die fondasie van die Israelitiese lewe. Die onderhouding daarvan beide beskerm en inspireer Yahweh se mense en rus op twee fundamentele uitgangspunte:

    • 1. Dat Yahweh die wêreld in ses dae geskep het en die sewende dag gerus het; en
    • 2. Dat Hy ingemeng het in die geskiedenis om die Israeliete uit slawerny in Egipte te verlos.

    Die Shabbat, tesame met die sewe jaarlikse feeste, voorsien die fisiese en geestelike ritme van Yahweh se mense, definieer hulle rusdae en dae van vieringe en herinnering. Hulle vorm die "weg van die lewe" van alle ware Bybel-gelowige Christene. Tesame met Rosh Chodesh , of die maandelikse Nuwemaan onderhouding, en die Sabbatiese Jaar (een uit elk sewe jaar om die land te laat rus), maak hierdie 'n totaal van 10 Moedim of Afsprake, wanneer ware en gehoorsame gelowiges verplig word om formeel bymekaar te kom in gemeentes van geestelike families om Yahweh te aanbid.

    Yahweh se Bybelkalender, inteenstelling met die Romeinse kalender wat deur die wêreld onderhou word, begin in die Lente (Noordelike halfrond), en nie 1 Januarie nie. Die eerste dag van hierdie maand - staan bekend as Aviv 1 - word bepaal deur die Nuwemaan konteks en is opsigself 'n opdrag wat onderhou moet word as Rosh Chodesh , beteken 'Hoof (Begin) van die Maand'. Dit is nie 'n rusdag soos die Sabbat nie, maar baie soortgelyk - jy mag reis en kook, maar jy mag nie handel dryf nie, en daar word van jou verwag om met Yahweh se mense saam te kom op hierdie dag om te hoor wat die profete sê. Hierdie eerste Rosh Chodesh is Nuwejaarsdag en begin, soos alle Bybeldae, met sonsopkoms (nie met sonsondergang of middernag nie). Die elfde of twaalfde maande (indien dit 'n skrikkeljaar is) wat in 'n Bybelse Jaar volg, word elkeen bepaal deur die Nuwemaan konteks in ag te neem.

    Eers wanneer die Nuwemaan op Aviv 1 vasgemaak is (R in die diagram hieronder), kan jy die Sabbatte vir daardie maand uitwerk. Die eerste week begin op Dag #2 en die Sabbatdag is Dag #8 (gemerk as S in die diagram). 'n Verdere drie weke van 7 dae elk volg, sodat daar dan 'n totaal van vier 7-dag weke is, en daarom dan 4 Sabbatte elke maand. Omdat die Maan vir 29 ¼ dag om die Aarde wentel, word 'n ekstra Dag #30 bygereken, wat by gebrek aan 'n beter term, ons 'Nuwemaan Vorbereidingsdag' (gemerk P in die diagram) noem. Vroeër jare was die Maan se periode 'n ronde 30 dae so daar was altyd presies 30 dae in 'n maand. Sodoende moet aanpassings gemaak word om orbitale fraksie in te reken.

    Fig.2 'n Tipiese Bybelmaand

    Die Jaarlikse Feeste kan slegs uitgewerk word op dierdie wyse omdat dit so in die Torah genommer word. Dus, sal 'n tipiese jaarkalender iets as volg lyk:

    Fig.3 'n Tipiese Bybeljaar

    Dit beteken dus wanneer groepe van vier-week-maande met Rosh Chodesh begin, en soms met 'n Voorbereidingsdag, dat die Sabbatdag elke keer op 'n verskillende Romeinse dag vir daardie maand val. Dus, in 2011-2012, was die maandelikse Sabbatte op Maandae, Woensdae, Donderdae, Saterdae, Sondae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Saterdae, Sondae, Dinsdae en Donderdae in die Oostelike Verenigde State. Daarom, diegene wat dus volhou dat die Sabbat op 'n Romeinse Saterdag , of dat die 'Here se Dag' op 'n Sondag is, kan onmoontlik nie reg wees nie.

    As gevolg daarvan dat heindense gewoontes gelei het tot afvalligheid - het daar 'n breek in die waarheid ontstaan en die Sabbatte en feeste was deur heidense feeste vervang (soos Kersfees en die Romeinse Sondag Sabbat deur vervalle Christene) of wat deur die Talmudiese Jode bygevoeg was en wie die Messias verwerp het, asook vele mense-gemaakte feeste bygevoeg het (soos Tu b'Shevat, Yom haShoah, Lag b'Omer, ens.).

    In hierdie Gemeente van Yahweh volg ons nie die Christelik-heidense tradisies (Kersfees , Paasfees , Lent, Halloween , ens.) nie, of die aanwas wat deur die Jode toegepas was nie (word steeds deur baie Messiaanse Jode aanvaar), ook volg ons nie die Romeinse Kalender nie, wat deur byna alle Christene en Messiaane gevolg word, maar ons onderhou die eenvoudigheid van die Bybelse openbaring.

    Baie van die opdragte wat deur die Torah gegee was rakende die Feeste is nie meer van toepassing in die Messiaanse Nuwe Verbond nie want hulle was vervul by die dood en opstanding van Yah'shua die Messias (Jesus Christus). Dus, nog die Mosaïese diereoffer-stelsel en die verwante seremoniese Torah, nog die Levitiese Priesterskap wat dit geadministreer het, is nie langer van toepassing nie, insluitende die besnysdenis . Wat dus voorheen profetiese aanwysers was, is nou alleenlik herdenkinge van tye vir instruksie en aanbidding.

    Om 'n idee te kry hoe ons die feeste vier, sien asseblief die opstelle, preke en vrae op die Feeste Blad .

    Die Bybelse Maan-Son Kalender (soos ons dit noem, alhoewel sommige dit die Son-Maan Kalender noem) stel jou instaat om Yahweh se moedim te bepaal waar ookal jy jouself bevind, en sonder die voordeel van die Internet sou dit nie beskikbaar wees nie, en dat dit moontlik ook nie in die toekoms vir gelowiges beskikbaar sal wees nie. Jy moet weet hoe om dit te doen - hierdie webtuiste sal jou daarmee help. Nuwemaan konteks kan bepaal word deur òf self-observasie, òf deur die dinamiese kalender te gebruik.

    Daar is egter nog een item rakende die bepaling van tye wat genoem moet word, en dit is die mens-gemaakte lengtegraadlyn - die Internasionale Datumlyn (IDL) - wat deur die Stille Oseaan gaan. Dit is 'n onlangse uitvindsel (19de eeu) maar speel geen rol in die bepaling van die Sabbatdag in die Skeppingskalender nie, wat deur die Nuwemaan bepaal word. Ons en andere glo dat die Tuin van Eden oorspronklik was waar die moderne Jerusalem vandag staan, so die ware goddelike IDL moet baie naby daaraan wees, en spesifiek die Oostelike grens van Israel gemerk deur die Jordaanrivier 31° Oos van Greenwich. Dit is egter nie nodig in berekeninge om 'n Son-Maan Skeppingskalender te maak nie.

    Al die moedim, insluitende die Sabbatdag, word onderhou vanaf sonsopkoms tot sonsopkoms, of op 'n vasgestelde tyd soos 0600 (6 v.m.) in die uiterste Noordelike- of Suidelike sub-Artiese / sub-Antarktika en hulle breedtegrade).

    Dit moet duidelik gestel word, soos ons die Bybelse Kalender verstaan, dat die eerste dag van elke nuwe maand, soos deur die Nuwemaan bepaal, is beide afgesonderd vir Yahweh en krities belangrik vir die bepaling van elke moed, soos deur Hom opdrag gegee. In die Ou Verbond was dit gekenmerk deur spesiale offers (Num. 28:11-15) wanneer dubbel silwer trompette geblaas was (Num.10:10; Ps. 81:3) soos ook op die Fees van die Trompette (Yom Teruah) wat alleenlik van die 7 jaarlikse feeste onderhou was op die Nuwemaan. In die Nuwe Verbond, soos in die Oue, was die Nuwemaan en die gewone Sabbat as geleentheid gebruik om die profete te konsulteer. Dit word ook deur die Messiaanse Israeliete onderhou.

    Vertaal deur François van Staden

    Hierdie bladsy is geskep op 14/05/2017
    Laaste opgedateer op 14/05/2017


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou