New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    2
    'n Simfonie van
    Geestelike Waarheid

      "Toe sê Yah'shua (Jesus) vir die Judeane wat in Hom glo: 'As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my talmidim (dissipels); en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak'" (Yochanan/Johannes 8:31-32 Die Bybel in Praktyk)

    Die Messias som die twee groot bevrydende beginsels van die lewe in hierdie gedeelte op:

    • 1. Vertroue in Yah'shua (Jesus) en
    • 2. om diep gewortel in die Skrif te bly.

    Hiermee, die doel van hierdie webtuiste. Ons onderrig aktiewe geloof (emunah) in die Messias Yah'shua (Christus Jesus) - wie die Weg, die Waarheid en die Lewe is (Joh.14:6 ); Streng nakoming soos voorgeskryf deur die leringe van die Bybel en 'n leefwyse ter bevestiging daarvan (Joh.8:31); 'Waarheid' kan slegs waarlik geken en verstaan word, deur 'Waarheid' persoonlik te hê, Yah'shua die Messias (Jesus Christus) IN jou; 'n Gehoorsame lewe aan Torah (die Wet) en Wanneer ons reg lewe en bemagtig word deur die opgestane Yah'shua (Jesus), is ons werklik vrygespreek.

    Hierdie Messiaanse-Christen Webtuiste, is die samestelling van alle reddende verlossing waarhede: Skriftuurlik, Geestelik, filosofies, histories en wetenskaplik. Die waarheid wat ewigdurend en goddelik is, is as natuurlike geheel integreer om 'n vreugdevol-verblydende en vrymakende lewenswyse te vorm.

    Daar is egter koste aan verbonde. Alle goeie dinge ontstaan uit opoffering. Hoewel reddende verlossing 'n vry gawe is van Vader Yahweh, is die inwendige reinigingsproses soms stadig en baie pynlik. Klipharde ongeloofsrotse van ongeloof en ongehoorsaamheid in die siel (liggaam, gees / psige en hart/gemoed), moet totaal afgebreek word tot 'n fyn stof.

    'n Absolute gedetermineerde wilsbesluit van ons kant af word vereis: gewilligheid om onderdanig te wees aan Yahweh (die Here); 'n aktiewe, volle vertroue in Yah'shua (Jesus), en 'gehoorsaamheid aan Sy Torah (Wette) deur verbond en opoffering. Die oomblik as Yah'shua (Jesus) jou Verlosser word, is jy gemerk. Op die een hand is jy gemerk vir vrede, verblydende geluk en glorie; Jy is egter ook gemerk vir teenstand; Die Koninkryk van Vader Yahweh is die voorwerp van intense haat deur onsigbare geestelike entiteite genaamd demone en diesulkes wat hul liggame en verstand oorgegee het as draer vir hulle, en om diesulkes te herken en te oorwin deur Christus, word 'n lewenslange prioriteit:

      " Die Christen se wapenrusting. Verder nog dit: Soek julle krag in Adon (die Here) en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat Elohim (God die Vader) julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat Elohim (God die Vader) julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur Elohim (God) as borsharnas, 15 en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Ruach (Gees), dit is die woord van Elohim (God) Doen dit alles biddend en smeek Elohim (God) by elke geleentheid deur die Ruach (Gees). Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges" (Efes.6:10-18, Die Bybel in Praktyk).

    Hierdie Webtuiste lê klem op verlossingsbedienings op grond van die akute demonisering van die samelewing; veroorsaak deur herlewing van heidense praktyke en vals godsdienste.

    Enige teologies en geestelike sisteem wat hierdie waarhede en beginsels ignoreer is verdoem van die begin af. Soms aksensueer ons dinge wat nie polulêr is vir die liberale gedagtegang nie, deurdat dit enorme obstruksies is vir geestelike bevryding. Ons stel voor dat U begin deur interessante onderwerpe aan die linkerkantste kantlyn te selekteer en dan na 'n meer sistematiese studie te beweeg by die Onderwerp Gids. VIr diegene wat graag direk met 'n soliede grondslag uit jou Bybel wil begin, kliek hier.

    Mag Yahweh ons Hemelse Vader jou seën, deur sy Seun Yah'shua (Jesus), in jou soeke na die waarheid en 'n lewe wat vir Hom aanneemlik is en heugelik-opbouend is vir jouself.

    "Waarheid, word nie gekweek deur aanhoudende herhaling nie"
    (John J. Robinson).


    "Ek is defnitief die beste bedien in my geestelike lewe deur hierdie webtuiste. Dit is die mees volledige openbaring van die skrif wat ek nog in aanraking mee gekom het. Ek is baie dankbaar vir hierdie diens" (EC, USA, 24 October 2004)


    Alle waarheid gaan deur drie stadiums:
    Dit word eerstens belaglik of bespotlik gemaak;
    Dan volg dit wreedaardig bestry en
    Uiteindelik word dit finaal vanselfsprekend aanvaar

    (Ludwig Wittgenstein)


    Voetnota

    [1] JUDEAAN - 'n Bewoner van die Staat van Judea
    [2] JUDAHIET - 'n Bloedverwante afstammeling van Judah
    [3] JOOD - 'n moderne navolg1weer van die Judese of Joodse kultur

    Vertaal deur Annemarie Nolte

    Hierdie bladsy is geskep op 05/02/2017
    Laaste opgedateer op 05/02/2017


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou